Genoeg vir 4 mense

sowat 1,5 kg lamsribbetjies

MARINADE

80 ml lemoensap

15 ml sojasous

30 ml heuning

60 ml tamatiesoius

15 ml olie

sout en vars gemaalde swartpeper

AARTAPPELS

500 g aartappels, geskil en opgekook

250 ml natuurlike jogurt

60 ml mayonnaise

30 ml vinkel, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Sny die ribbetjies in kleiner porsies en meng al die bestanddele van die marinade.

Marineer die ribbetjies vir sowat 30 minute of verkieslik oornag.

Pak die ribbetjies met die marinade in ’n groot oondbak en bedek met foelie.

Bak sowat 30 minute.

Verwyder die foelie en bak tot taai en gaar. (Draai die ribbetjies om sodat dit alkante gebraai word en skep die marinade oor die ribbetjies terwyl dit braai).

AARTAPPELS 

Dreineer intussen die aartappels en meng die res van die bestanddele by die aartappels.

Druk dit fyn met ’n aartappeldrukker en sit voor saam met die ribbetjies en fyn komkommerslaai.