Lewer 12-15 happies

Bereiding: 15 minute

Staantyd: oornag

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

800 g lamsribbetjies

sout en vars gemaaldes swartpeper

80 g rooi slaaiuie, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

1 brandrissie, gekap

125 ml (½ k) gekapte koljanderblare

45 ml (3 e) sesamolie

50 ml soet sojasous

tamatie-en-komkommersalsa

  1. Sny die lamsribbetjie in individuele porsies. indien jy dit nie kan doen nie, vra die slagter om dit in klein porsies te sny.
  2. Geur met sout en peper en plaas in ’n glasbak.
  3. Meng die res van die bestanddele, behalwe die tamatie-enkomkommersalsa, en giet dit oor die ribbetjies. Marineer ten minste oornag.
  4. Braai die gemarineerde ribbetjies oor matige kole; verf dit met die marinade terwyl jy dit braai tot gaar en bros.
  5. Sit voor saam met tamatie-enkomkommersalsa.