As dit te dun is, sal dit uitdroog.

Genoeg vir 2 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaaktyd: 10-15 min.

Vleis

2 T-been-steaks, elk 3 cm dik

sout en pas gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) worcestersous

60 ml (¼ k) braaisous

30 ml (2 e) knoffelbotter

Sous

15 ml (1 e) olie

125 g sampioene, in skyfies gesny

2 knoffelhuisies, gekap

125 ml (½ k) suurroom

hand vol gerasperde parmesaankaas

Afronding

2 dun snye cheddarkaas

  1. Vleis Geur die steaks aan albei kante met die sout, peper en worcestersous.
  2. Braai die steaks op warm kole en verf gereeld met die braaisous. Braai 3-4 minute aan elke kant of tot die verlangde gaarheid.
  3. Skep die botter op die steaks en laat 10 minute rus.
  4. Sous Verhit die olie in ’n pan en braai die sampioene en knoffel sowat 3 minute. Voeg die suurroom by en laat sowat 3 minute prut tot dit effens verdik het. Voeg die parmesaankaas by en roer tot gesmelt.
  5. Afronding Plaas die cheddarkaas op die steaks, skep die sous oor en sit dadelik voor saam met vars broodrolletjies.