Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

15 ml (1 e) olie

400 g beesvleis-ghoelasj (blokkies)

1 ui, gekap

1 geel soetrissie, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

300 g pampoen, in blokkies gesny

1 blik (410 g) gekapte tamaties

10 ml (2 t) brandrissiepoeier

5 ml (1 t) fyn komyn

2 blikke (400 g elk) borlotti-bone

sout en peper

1 Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte, voeg die beesvleis by en verbruin 15 minute.

2 Voeg die ui en geel soetrissie by en soteer tot die ui sag en deurskynend is.

3 Roer die knoffel en die oorblywende bestanddele in. Bedek en kook 35 minute of tot die vleis sag is, ook oor lae hitte.

- Hope Malau