Boerewors is so eie aan Suid- Afrika soos Minki en Madiba, maar jy kan meer daarvan maak as net ’n boereworsrol. Hierdie resep kom van Johan Badenhorst van Voetspore

1 kg boerewors

30 ml (2 e) olyfolie

2 uie, gekap

25 ml (5 t) fyn gekapte knoffel

2 middelslag-tamaties, ontvel en in blokkies gesny

5 ml (1 t) droë tiemie

45 ml (3 e) bruinsuiker

250 ml (1 k) suurroom

Braai die wors tot goudbruin buite, maar nog sappig binne.

Skep uit die pan en sny in 5 cm stukkies.

Plaas terug in die pan en voeg die olyfolie, uie en knoffel by.

Voeg ook die tamaties, tiemie en suiker by.

Laat 10 minute prut.

Roer die suurroom by en laat nog 15 minute prut.

Sit voor saam met stywepap en ’n groenslaai  (as jy in die hande kan kry)