Genoeg vir 2-3 mense

Bereiding: 30 min.

Staantyd: 15 min.

Gaarmaaktyd: 15-20 min.

Vleis

30 ml (2 e) suurlemoensap,

vars uitgedruk

5 ml (1 t) olyfolie

2-3 takkies vars tiemie, gekap

1 knoffelhuisie, fyn gedruk

sout en pas gemaalde swartpeper

6 lamslendetjops, 2,5 cm dik gesny

SALSA

1 stewige tamatie, gekap

¼ komkommer, in klein blokkies gesny

1 rooiui, gekap

1 wiel (100 g) fetakaas

15 ml (1 e) rooiwynasyn

15 ml (1 e) olyfolie

2 ml (½ t) suiker

  1. Vleis Meng die suurlemoensap, olie, tiemie, knoffel, sout en peper goed. Plaas die tjops in ’n toe-rits-plastieksakkie en giet die marinade oor. Seël goed en laat 15 minute by kamertemperatuur rus.
  2. Salsa Plaas die tamatie, komkommer, ui en feta in ’n bak. Meng die asyn, olie en suiker en giet dit bo-oor. Meng liggies
  3. Braai die tjops op warm kole. Braai die vetkant eerste tot die vet bros is. Braai verder aan die ander kant tot net gaar terwyl jy dit dikwels omdraai.
  4. Sit die tjops met die vars salsa voor.