steranys

Hoewel steranys ’n spesery genoem word, is dit eintlik ’n vrug. Die stervormige spesery word gereeld in Chinese, Viëtnamese en Indiese kookkuns gebruik.

Marinade:

Vir ’n smaaklike marinade, meng ½ k (175 g) heuning, ½ k (125 ml) oestersous, drie fyngedrukte knoffelhuisies, gedroogde rissievlokkies, 6 steranys en 1 teelepel seesoutvlokkies. Smeer aan varkribbetjies en laat ’n uur in die yskas marineer voor jy dit gaarmaak.

In ’n bredie:

Maak ’n heerlike sop so reg uit Asië met 1 L hoenderaftreksel, ? k (80 ml) sojasous, 2 steranys en gesnyde gemmer voor jy jou groente byvoeg.

Laat die geur intrek:

Gee romerige nageregte soos panna cotta, crème brûlée of ryspoeding ’n eksotiese smaak; voeg eenvoudig steranys by die room terwyl jy dit verhit.

carmenafter picsDeur Carmen Niehaus – Huisgenoot en YOU se kosredakteur