Genoeg vir 4 mense

4 steaks (200 g elk)

Sout en varsgemaalde swartpeper

30 ml (2 e) olyfolie

250 g bruin sampioene

6 rooi slaaiuie (of 1 klein ui), fyn gekap

30 ml (2 e) heelkorrelmosterd

80 ml (1/3 k) geroomde roomkaas

1 eier, geklits

250 g groenbone, geblansjeer

Voorverhit die oond tot 220 °C en verhit ‘n riffelpan.

Braai die steaks vir ‘n minuut aan beide kante oor hoë hitte, geur met sout en peper en hou eenkant.

Verhit die olie in’n pan en braai die sampioene tot droog.

Roer die rooi slaaiuie by en braai vir ‘n minuut en verwyder van die hitte.

Skep die sampioen-mengsel in’n mengbak en geur met sout, peper en heelkorrelmoster.

Roer die geroomde roomkaas en eier by en geur indien nodig.

Plaas die gebraaide steaks op ‘n gesmeerde bakplaat en skep die sampioen-mengsel bo-op elke steak.

Bak die steaks vir sowat 5—10 minute of totdat die bo-laag gestol het.

Sit voor saam met die groenbone.