Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

STEAKS

4 dun steaks (sowat 120 g elk)

60 ml (¼ k) koekmeel

BESLAG

3 eiers

60 ml (¼ k) koekmeel

100-120 ml melk

5 ml (1 t) vars basilie, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) pietersielie, fyn gekap

30 ml (2 e) parmesaankaas, fyn gerasper

OM TE BRAAI

50 g botter

50 ml olie

125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper

knippie paprika

STEAKS

Bedek die vleis met meel, skud die oortollige meel af en laat die vleis sowat 10 minute in die yskas rus.

BESLAG

Klits die eiers, voeg die meel by en meng tot glad.

Roer die melk, basilie, sout, peper, pietersielie en parmesaan saam.

Klits goed.

VIR BRAAI

Verhit die botter en olie saam in ’n groot pan.

Doop die steaks in die beslag en braai in verhitte botter en olie tot bruin aan albei kante.

Skakel die roosterelement van die oond aan.

Pak die gebraaide steaks op ’n bakplaaten besprinkel elkeen met mozzarella en paprika.

Rooster tot die kaas net gesmelt het.

Sit voor met ’n groenslaai en aartappelskyfies.

Wenk: Kitslendeskywe is ideaal vir hierdie gereg, veral as jy nie baie tyd het vir aankope en voorbereiding nie. Dit is ook goedkoper. Ons stel voor jy vra jou slagter om vir jou lekker dik steaks te gee en dit dan self in dunner skywe te sny – so is die vleis baie sappiger.