Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: sowat 10 minute

4 steaks van 160 g elk (lende, kruisskyf of Porterhouse)

150 g fetakaas, gekrummel

80 g swartolywe, ontpit

30 ml (2 e) vars kruie soos basilie, tiemie en kruisementblare sap en skil van 1 groot suurlemoen 30 ml (2 e) olyfolie 4 knoffelhuisies, gekneus 5 ml (1 t) Worcestersous sout en vars gemaalde swartpeper

Maak ’n insnyding aan die kant van elke steak.

Plaas die fetakaas, olywe, kruie, sap en skil van die suurlemoen in ’n voedselverwerker en pols tot fyn. Skep van die vulsel in elk van die steaks. Steek vas met ’n peuselstokkie.

Meng die olyfolie, knoffelhuisies en Worcestersous en giet oor die vleis.

Braai die vleis oor vinnige kole tot gaar volgens jou keuse. Verf die vleis deurentyd met die marinade terwyl jy braai.

Geur na smaak met sout en peper.

Sit voor met baba-aartappels.

Volg Huisgenoot op Twitter.