2 groot uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) olie

500 g beesvleisblokkies

500 ml (2 k) beesvleisaftreksel

125 ml (½ k) rooiwyn

sout

peper

5 ml (1 t) gedroogde pietersielie 250 g (½ pak) filodeeg 45 ml (3 e) botter, gesmelt Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Braai die uie en knoffel in die verhitte olie tot geurig.
  2. Voeg die vleis, aftreksel en wyn by; laat prut tot sag.
  3. Geur met die sout, peper en pietersielie.
  4. Skep in klein oondbakkies.
  5. Skeur die filo in stukke, druk oor die vulsel vas en verf met die botter.
  6. Bak 15 minute.