GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaaktyd: 15 min.

4 x 200 g dik steaks

3 knoffelhuisies, fyngedruk

2 ml (½ t) brandrissievlokkies

30 ml (2 e) olie

sout en swartpeper

4 bros rolletjies

sagte botter

bronkors en gebakte aartappels vir voorsit

  1. Kap die steaks tussen velle kleefplastiek om hulle effens plat te maak.
  2. Meng die knoffel, brandrissievlokkies en olie en vryf oor die steaks. Geur met die sout en peper.
  3. Skroei die steaks in ’n baie warm pan 3 minute weerskante of tot berei na jou smaak.
  4. Sny die rolletjies middeldeur en bevogtig die gesnyde kant met die pansappe. Bedek dan met ’n stuk steak en druk bymekaar.
  5. Smeer die buitekant van die rolletjies met die botter en verplaas hulle na ’n skoon pan. Bedek met bakpapier en dan met ’n swaar pot of pan. Verbruin en verbros die een kant stadig oor lae hitte, keer om en herhaal met die ander kant.
  6. Sit voor met die bronkors en gebakte aartappels.