Genoeg vir 4 mense

Bereiding: sowat 30 minute

Gaarmaaktyd: sowat 30 minute

AARTAPPELWIGGIES

6 aartappels

olie

growwe sout

STEAK

600-800 g riboog-steak

40 ml (8 t) olyfolie

sout en swartpeper

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

10 ml (2 t) worcestersous

sap en skil van 1 suurlemoen

SAMPIOENSOUS

60 ml (¼ k) botter

250 g sampioene, gehalveer

15 ml (1 e) meel

250 ml (1 k) room

100 ml melk

sout en swartpeper

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak met olie.

  1. AARTAPPELWIGGIES Kook die aartappels sowat 15 minute in soutwater en dreineer. Sny in kwarte en rangskik dit in die voorbereide bak. Besprinkel mildelik met olie en geur met sout.
  2. Bak sowat 20 minute of tot gaar en bros.
  3. STEAK Sny die steak in 2 cmskywe en plaas in ’n glasbak.
  4. Meng die res van die bestanddele. Giet dit oor en marineer terwyl die aartappels bak.
  5. SAMPIOENSOUS Verhit die botter in ’n pan en braai die sampioene tot goudbruin. Roer die meel by en braai ’n minuut. Geur met sout en peper.
  6. Voeg die room en melk by en roer tot die sous verdik.
  7. Verhit ’n riffelpan en braai die steak oor baie hoë hitte tot net gaar. Geur na smaak.
  8. Sit voor saam met die aartappelwiggies en sous.