Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

Botter en olie vir braai

4 dik steaks met been (T-been,

riboog of klub – 250 g elk)

60 ml (¼ k) brandewyn

50 ml (50 g) botter

2 ml (½ t) Engelse mosterd

20 ml (4 t) groenpeperkorrels, effens gestamp 200 ml beesvleisaftreksel 25 ml (5 t) room sout en swartpeper

  1. Verhit die botter en olie in ’n groot swart gietysterpan op baie warm kole en braai die steaks vinnig om die buitekante te seël. Braai dan tot verlangde graad van gaarheid.
  2. Giet die brandewyn oor die steaks en steek dit aan die brand. Plaas die steaks op warmgemaakte borde en hou warm.
  3. Smelt die botter in dieselfde pan. Verwyder van die hitte en meng die mosterd, peperkorrels en aftreksel by. Verhit dit terwyl jy al die bruin panskraapsels inroer.
  4. Roer die room by en voeg sout en peper by na smaak.
  5. Giet die sous oor die biefstuk. Sit voor met gekookte aartappels en ’n vars tuinslaai.

Braai-resepteboeke in ons aanlynwinkel