Genoeg vir 4 mense

Staan: 30 min.

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 9 min.

4 T-been-steaks

sout en peper

CHIMICHURRI

4 knoffelhuisies

’n hand vol vars pietersielie

’n hand vol koljander

’n hand vol mentblare

30 ml (2 e) ekstrasuiwer olyfolie

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

sap van ½ suurlemoen

olie vir panbraai

1. Laat staan die steak 30 min. teen kamertemperatuur. Sprinkel die sout en peper oor.

2. Chimichurri

Maal die knoffel in ’n voedselverwerker. Voeg die pietersielie, koljander en mentblare by en verwerk tot grof gekap. Voeg die olie, mosterd en suurlemoen by en meng goed.

3. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan oor matige hitte. Braai die steak 5 min. sodra die pan warm is, draai om en braai 4 min. aan die ander kant.

4. Verwyder van die plaat en laat staan 5 min. eenkant.

5. Sny die steak in dun repies. Sit met die chimichurri en gebraaide aartappels of slaai voor.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller