Bereiding 10 minute

Gaarmaaktyd 25 minute

Lewer 4 porsies

BLOUKAASBOTTER

40 g botter

100 g bloukaas, gekrummel

20 g okkerneute, gerooster en gekap 15 ml (1 e) grasuie, gesnipper

STEAK

15 ml (1 e) Marmite

15ml(1e)olie

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

4 dik, verouderde steaks (180-200 g elk) soos lende of filet

roketblare, olywe en uieringe, met olyfolie besprinkel, vir voorsit

Voorverhit die oond tot 160 °C.

  1. Bloukaasbotter Meng al die bestanddele goed. Vorm in ’n rolletjie, draai toe in kleefplas­ tiek en plaas in die vrieskas tot nodig.
  2. Steak Meng die Marmite, olie en mosterd en smeer alkant van elke steak. Verhit ’n gietysterpan tot rookwarm. Braai die steak aan een kant tot dit loskom van die pan en draai om. Braai aan die ander kant tot bruin.
  3. Plaas die steaks op ’n bakplaat, plaas die botter bo­op en oondbraai 5 minute. Laat 5 minute rus.
  4. Sit voor met roketblare, olywe en uieringe wat met olyfolie besprinkel is.

BRON: Huisgenoot Lae-koolhidraatresepteboek

KLIEK HIER om jou resepteboek te bestel (ons aanlynwinkel open 15 Januarie 2016)

010915HGS001LOWCARBR.pdf