KRUIEBOTTER

60 ml (¼ k) gemengde vars kruie, gekap

45 ml (3 e) botter

STEAK

4 aartappels, gaar en in wiggies gesny

2 x 350 g-steak

olie vir invryf

sout en peper

30 ml (2 e) olie

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. KRUIEBOTTER Meng die bestanddele en verkoel.
  2. STEAK Pak die aartappels op ’n plaat, sprinkel olie en sout oor en rooster 15-20 minute.
  3. Vryf die vleis met die olie, sout en peper. Seël in ’n warm pan (2 minute per kant).
  4. Rooster 3-5 minute in die oond. Plaas die kruiebotter op, laat 5 minute rus en sny die vleis in skywe.
  5. Sit voor met die aartappel en slaai.