GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

STEAK

300 g steak

sout en vars gemaalde swartpeper

5 ml (1 t) olie

TAMATIES

250 g kersietamaties

80 ml ( k) balsemieke asyn

45 ml (3 e) suiker

TORTILLAS

4 tortillas

20 g roketblare

Voorverhit die oond tot 230 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Steak Geur die steak aan albei kante met die sout en peper en vryf die olie oor.
  2. Verhit ’n pan tot baie warm en seël die steak aan albei kante.
  3. Sit op die bakplaat en braai 3-6 min. in die oond.
  4. Laat rus 5 min. en sny in skyfies.
  5. Tamaties Sit die kersietamaties, asyn en suiker saam in ’n pan en roerbraai oor matige hitte tot die
  6. suiker gesmelt is.
  7. Laat prut tot die asynmengsel begin verdik.
  8. Tortillas Braai die tortillas vinnig in ’n pan, indien verkies.
  9. Pak van die roketblare op elkeen, gevolg deur van die steakrepies, tamaties en ’n bietjie van die balsemieke sous.
  10. Vou toe en sit dadelik voor.