Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

UIESOUS

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

30 ml (2 e) tamatiesous

30 ml (2 e) blatjang

½ blik (200 g) gekapte tamaties

10 ml (2 t) fyn komyn

45 ml (3 e) worcestersous

WRAPS

4 x 200 g-volstruissteaks

30 ml (6 t) olie

sout en peper

2 murgpampoentjies, met ’n groenteskiller in dun repe gesny

4 mini-wraps, gerooster

  • Uiesous: Meng die bestanddele vir die sous in ’n potjie en kook 5 minute oor lae hitte of tot goed gemeng en geurig.
  • Wraps: Vryf die steaks met 20 ml (4 t) van die olie en geur met die sout en peper.
  • Verhit ’n roosterpan oor hoë hitte. Sodra warm, voeg die steaks by en braai 5 minute of tot gaar genoeg na jou smaak weerskante. Sit eenkant om te rus.
  • Bedek die murgpampoentjierepe met die oorblywende 10 ml (2 t) olie en braai 3 minute weerskante op die roosterpan. Sit eenkant.
  • Sny die steaks in skywe en sit voor saam met die geroosterde wraps, murgpampoentjies en uiesous.