Genoeg vir 4 mense

2 x 200 g lendeskyf/riboog-steak

45 ml (3 e) olyfolie

80 ml (? k) braaivleismarinade

sout en vars gemaalde peper

4 panini-broodjies of ander broodrolletjies

500 ml (2 k) roket

200 ml tzatziki

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Geur die steak met van die olyfolie, braaivleismarinade, sout en peper.

3. Verhit ’n riffelpan en braai die steaks oor baie hoë hitte vir sowat 3-4 minute aan albei kante, of tot mediumgaar. Laat rus die vleis ’n paar minute en sny in skywe.

4. Halveer die panini en sit die helftes op ’n bakplaat. Rooster in die oond of ’n riffelpan tot die brood effens bruin raak.

5. Bedruip die broodjies met van die olyfolie. Rangskik die roketblare bo-op die broodjies gevolg deur die vleisskywe.

6. Skep lepelsvol van die tzatziki op die vleis en sit die ander helfte van die broodjie bo-op.

Deur Bernice van der Merwe, Esther Malan en Carmen Petersen

Foto: David Briers