Voedsame trooskos vir almal.

Genoeg vir 6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 2 uur 10 min.

80 ml (? k) olie

1 kg roosterbeesvleis

2 uie, gekap

5 knoffelhuisies, gekap

sap van 1 suurlemoen

2 x 400 g heel kersietamaties

1liter beesvleisaftreksel

45 ml (3 e) heuning

45 ml (3 e) harissapasta

10 ml (2 t) paprika

sout en swartpeper

Poetoepap

750 ml (3 k) water

5 ml (1 t) sout

560 ml (2¼ k) mieliemeel

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Plaas ’n roosterpan op die stoof oor matige hitte en voeg die olie by. Sodra warm, verbruin die beesvleis weerskante.
  2. Voeg die oorblywende bestanddele by en skep dit oor die beesvleis tot goed bedek.
  3. Bedek met foelie en rooster 2 uur in die oond of tot die vleis sappig en sag is.
  4. Poetoepap: Plaas die water en sout in ’n pot en bring tot kookpunt. Voeg al die mieliemeel op een slag by. Roer met ’n vurk om die pap te krummel.
  5. Verlaag die hitte, sit ’n deksel op die pot en laat die pap stoom tot dit gaar is.
  6. Sit die vleis met die pap en tamatiesous voor.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers