Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 40-60 minute

Marineertyd: oornag

1 kg varknek, oopgevlek

MARINADE

20 ml (4 t) Chinese vyfspeserymengsel

8 knoffelhuisies, fyn gedruk

30 ml (2 e) fyn gerasperde gemmer

60 ml (¼ k) heuning

30 ml (2 e) strooisuiker

30 ml (2 e) ryswyn of witwyn

125 ml (½ k) sojasous

VULSEL

60 ml (¼ k) swart of wit sesamsade sesamolie

250 ml (1 k) jasmynrys

1 blik (400 g) klappermelk

250 ml (1 k) warm water

2 ml (½ t) Chinese vyfspeserymengsel sout

’n hand vol gekapte koljanderblare

  1. Halveer die vleis in die lengte, maar moenie dit regdeur sny nie. Vou oop en sny ’n paar kepe in die vleis sodat dit waar moontlik oraloor ewe dik is.
  2. MARINADE Meng al die marinade-bestanddele en giet dit oor die vleis. Laat oornag staan.
  3. VULSEL Braai die sesamsade in ’n bietjie verhitte sesamolie tot dit begin skiet. Voeg die rys, klappermelk en water by. Geur met die vyfspeserymengsel en sout. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en kook tot die rys sag en gaar is. Dreineer indien nodig en plaas die deksel op. Laat 10 minute staan. Voeg die koljander by.
  4. Druk die vleis platter met jou handpalm, geur met sout en skep die rysvulsel in die middel.
  5. Rol op en bind vas met tou. Plaas in ’n oondbak en bedruip met die marinade.
  6. Op die kole Braai op matige kole tot bruin. Lig die rooster en braai hoog tot gaar. Draai gereeld. Bedek die vleis: As jy nie ’n ketelbraai met ’n deksel het nie, kan jy ’n ander deksel opsit of ’n deksel van tinfoelie maak. In die oond Voorverhit die oond tot 200 °C en braai die vleis 10 minute. Draai om, bedruip met die marinade en braai nog 10 minute. Verlaag die hitte tot 160 °C en braai 20-30 minute tot net gaar en mooi bruin buiteom. Kook die pansous af, sny die vleis en sit voor.