GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

ROOSTERBROODJIES

250 g spekrepies

8 snye brood

30 ml (2 e) botter

250 ml (1 k) gerasperde

wit cheddarkaas

150 g spruitkool (Brusselse spruite), in dun skyfies gesny

TJIPS

4 groot aartappels, in dun tjips gesny

olie vir diepvetbraai

MENTSOUT

45 ml (3 e) growwe sout

30 ml (2 e) ment, fyn gekap

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met tinfoelie uit en bespuimet kossproei.

  1. Roosterbroodjies Pak die spek enkellaag op die bereide bakplaat. Rooster 10-15 min. of tot bros.
  2. Smeer die broodsnye aan een kant met die botter.
  3. Verhit ’n pan en braai die brood aan die gebotterde kant tot dit begin verbruin.
  4. Maak toebroodjies met die kaas, spruitkool en spek.
  5. Pak op ’n bakplaat en rooster tot die kaas gesmelt is.
  6. Tjips Verhit die olie vir diepvetbraai en braai die tjips tot goudbruin en gaar.
  7. Mentsout Meng die growwe sout en ment en sprinkel oor die tjips.