Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

30 ml (2 e) olie

2 kardemompeule

2 lourierblare

1 ui, gekap

2 groen brandrissies, gekap

4 knoffelhuisies, gekap

200 g sojamaalvleis

2 ml (½ t) borrie

15 ml (1 e) tamatiepasta

2 ml (½ t) brandrissiepoeier

2 ml (½ t) fyn komyn

500 ml (2 k) warm water

hand vol pietersielie, gekap

brood of rys vir voorsit

- Hope Malau

1 Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige hitte en voeg die kardemompeule en lourierblare by. Sodra verhit, voeg die ui, brandrissies en knoffel by en braai 2 minute. Meng die sojamaalvleis, borrie, tamatiepasta, brandrissiepoeier en komyn in en braai 2 minute.

2 Giet die warm water in en laat prut 10 minute of tot dik.

3 Bestrooi met die pietersielie en sit voor saam met die brood of rys.