GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Marineer: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

60 ml (¼ k) sojasous

15 ml (1 e) heuning

30 ml (2 e) soet sojasous

4 varksteaks

RYS

375 ml (1½ k) jasmynrys

45 ml (3 e) vars ment, grof gekap

45 ml (3 e) grondboontjies, grof gekap

’n knippie sout

SALSA

1 mango

30 ml (2 e) gedroogde brandrissievlokkies

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Meng die sojasous, heuning en soet sojasous. Giet oor die vark en laat marineer minstens 15 min.
  2. Sit die varksteaks op die bakplaat. Rooster 10 min. Draai om en braai nog 10 min. of tot die steaks gaar is. Verf gereeld met die marinade.
  3. Rys Kook die rys volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer, spoel af en meng die ment en
  4. grondboontjies deur. Geur na smaak met die sout.
  5. Salsa Skil die mango en sny in blokkies. Voeg die brandrissievlokkies by en meng goed.
  6. Versprei die rys op ’n opdienbord, pak die steaks op, sprinkel die salsa oor en sit voor saam met ekstra vars ment, boontjiespruite en heuning.