Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 10 min.

250 ml (1 k) sojasous

3 knoffelhuisies, fyngedruk

3 brandrissies, gekap

4 lendeskywe

15 ml (1 e) olie

JULIENNE-APPELS

2 rooi appels, in vuurhoutjiegrootte stukkies gesny

1 rooi-ui, in dun repe gesny

45 ml (3 e) appelwynasyn

1 groen brandrissie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

5 cm vars gemmer, fyn gerasper

  1. Laat prut die sojasous saam met die knoffel en brandrissies in ’n pan oor matige hitte tot verminder.
  2. Skroei in ’n ander pan oor hoë hitte die lendeskywe in die olie tot weerskante verbruin. Verwyder, plaas in die brandrissie-sojasous en draai om te bedek. Braai stadig 5 minute of tot so gaar soos verkies.
  3. Julienne-appels: Meng die appels en rooi-ui met die asyn, brandrissie, knoffel en gemmer. Sit voor saam met die steak.