Deirdre Schonken se oorlede ma het graag gesmul aan ribbetjies. Kry die ribbetjies reeds vroeg gereed sodat dit lekker kan marineer. Druk dit dan in die oond terwyl jy die ander kos aan die gang sit.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Marineertyd: 3 uur

Gaarmaaktyd: 1 uur

60 ml (¼ k) olyfolie

250 ml (1 k) sjerrie

125 ml (½ k) tamatiepuree

60 ml (¼ k) sojasous

60 ml (¼ k) bruinsuiker

60 ml (¼ k) heuning

15 ml (1 e) paprika

10 ml (2 t) mosterdpoeier

1 kg vark- of lamsrib, in ribbetjies gesaag

Meng al die bestanddele goed en giet oor die rib in ’n oondbak.

Marineer vir ongeveer 3 uur.

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Oondbraai ongeveer 1 uur tot  die vleis sag is.

Bedruip deurgaans met van die marinade.

Sit voor met warm slaai.