15 ml (1 e) olie

8 varkworsies

30 ml (2 e) heuning

6 groot aartappels, gekook

30 ml (2 e) heelkorrelmosterd

30 ml (2 e) botter

sout en vars gemaalde peper na smaak

30 ml (2 e) elk mosterd- en sesamsade, gerooster

  1. Verhit die olie en braai die varkworsies tot goudbruin en gaar.
  2. Giet die heuning oor en verhit effens.
  3. Druk die aartappels fyn en meng die mosterd en botter deur. Geur met die sout en peper.
  4. Sit die aartappel voor saam met die varkworsies en strooi die geroosterde sade oor.

Wenk:

Roerbraai repies kool,wortel, ui en knoffel en sit dit saam met die worsies voor.