Michealle Nicholls van Barberton kook en bak graag, want dit is vir haar ’n stresverligter. Sy het kleintyd gekyk hoe haar ma en pa kook en die inspirasie vir hierdie gereg het sy by haar pa gekry.

GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10 min.

15 ml (1 e) olyfolie

1 middelslag-ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 takkie vars roosmaryn

2 takkies vars koljander,

fyn gekap

500 g varkfilet, in blokkies gesny

3 lourierblare

30 ml (2 e) sojasous

30 ml (2 e) soet-suur

SOUS

125 g sampioene, in skywe gesny

250 g babamielies, middeldeur gesny

250 g peul-ertjies

5 ml (1 t) knoffel-enkruiespesery

  1. Verhit die olie in ’n groot wok of kastrol en roerbraai die ui, knoffel, roosmaryn en koljander tot die ui goudbruin is.
  2. Voeg die vark en lourierblare by en roerbraai 1 min. of tot die vark effens verbruin het.
  3. Voeg die oorblywende bestanddele by en roerbraai sowat 5 min.
  4. Sit voor met jasmynrys.