GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

4-6 varkspekrepe

sout en vars gemaalde peper

SOUS

45 ml (3 e) sojasous

15 ml (1 e) tamatiesous

80 ml ( k) bruinsuiker

60 ml (¼ k) rysasyn

15 ml (1 e) soet

brandrissiesous

10 ml (2 t) mielieblom

SALSA

1 pynappel, geskil en in blokkies gesny

45 ml (3 e) vars koljanderblare, gekap

VIR VOORSIT

250 g eiernoedels, gekook tot gaar

Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei.

  1. Geur die varkrepe aan albei kante met sout en peper. Pak op die draadrakkie en rooster 15-20 min.
  2. Sous Plaas al die bestanddele behalwe die mielieblom in ’n klein kastrolletjie en verhit tot die suiker opgelos is. Los die mielieblom in 15 ml (1 e) water op en roer deur die sous. Verhit en roer tot die sous verdik.
  3. Salsa Meng die pynappel en koljander.
  4. Vir voorsit Skep die noedels op in bakkies. Sny die vark in blokkies en verdeel tussen die bakkies. Skep van die salsa op en giet van die sous oor. Sit voor saam met die ekstra sous en gekapte stingeluie.