Uit Elna de Klerk van Bellville se nimmereindigende resepteskat diep ons hierdie een op – ’n regte boerekerrie waarmee jy baie monde kan kos gee.

Genoeg vir 20-25 mense

Bereiding: 15 min

Gaarmaaktyd: 1 uur

6 uie, gekap

4 knoffelhuisies, gekneus

1 groen brandrissie, ontpit en gekap

60 ml (4 e) olie

4 kg maer maalvleis

6 groen piesangs, in stukke gesny

6 groen appels, geskil en grof gerasper

125 ml (½ k) matige geroosterde

masala of kerriepoeier

30 g (1 bakkie) vars koljanderblare,

gekap (opsioneel)

160 ml ( ²/³ k appelkooskonfyt of bruinsuiker

80 ml (¹/³ k) sultanablatjang

60 ml (¼ k) suurlemoensap

2 blikkies (65 g elk) tamatiepasta

60 ml (¼ k) borrie

6 groot wortels, in dobbelsteentjies gesny

6-8 groot aartappels, in blokkies gesny

sout en swartpeper na smaak

  1. Braai die uie, knoffel en brandrissie in die helfte van die olie in ’n groot plat pot of diep kastrol tot sag. Voeg die maalvleis by
  2. en roerbraai tot los, maar nie bruin nie.
  3. Verhit die res van die olie in ’n ander pan en roerbraai die piesang, appel en kerriepoeier sowat 5 minute. Voeg dit by die vleis en sprinkel die koljanderblare oor.
  4. Meng die res van die bestanddele behalwe die groente. Giet oor die maalvleis en meng deur.
  5. Sprinkel die groente oor. Geur met sout en peper.
  6. Bedek en laat prut sowat ’n uur tot geurig en gaar. Voeg ’n bietjie kookwater by as dit te droog is.
  7. Sit die kerrie voor met sambals en krummelrige rys of polenta.