Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 2 uur 15 minute

Genoeg vir 6 mense

30 ml (2 e) botter

4 varkpote

4 cm gemmer

6 knoffelhuisies, in skywe gesny

2 heel naeltjies

2 lourierblare

1 pypkaneel

45 ml (3 e) heuning

1 L (4 k) appelsap

sout en peper

30 ml (2 e) heuning

15 ml (1 e) sojasous

Verhit die botter in ’n groot kastrol oor medium hitte.

Verbruin die pote. Draai hulle gereeld om om te sorg dat hulle egalig verbruin.

Voeg die gemmer, knoffel, naeltjies, lourierblare, pypkaneel en heuning by en bedek met die appelsap.

Laat 2 uur prut of tot die pote sag is.

Geur met sout en peper.

Haal die pote uit die kastrol en verf hulle met ’n mengsel van heuning en sojasous.

Sit voor.