Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

HOENDER

250 ml (1 k) koekmeel

15 ml (1 e) kerriepoeier

sout en peper na smaak

10 hoenderstukke (dye en

boudjies)

3 uie, gekap

2 groenrissies, gekap

375 ml (1½ k) sultanas

SOUS

125 ml (½ k) tamatiesous

125 ml (½ k) blatjang

125 ml (½ k) braaivleissous

125 ml (½ k) waterVoorverhit die oond tot 200 °C.

  1. HOENDER Meng die meel, kerriepoeier en sout en peper en rol die hoender daarin.
  2. Meng die uie, rissies en sultanas.
  3. Skud die oortollige meel van die hoender af en pak lae van die uiemengsel en hoender in ’n oondbak. Eindig met uie.
  4. SOUS Meng al die bestanddele vir die sous en giet oor die hoender. Maak seker die hoender is heeltemal bedek.
  5. Bak die hoender 45 minute of tot goudbruin en gaar.
  6. Sit warm voor met rys en gebakte pampoenskywe.

Wenke

Sny oortollige vet van die hoender af.

Skud die meel goed af en maak seker die hoenderporsies is goed met sous bedek, anders is daar droë meel tussen die lae hoender.