Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

4 eiers

300 g volstruismaalvleis

5 ml (1 t) tiemie

1 ui, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

125 g meel

1 eier, geklits

125 g broodkrummels

olie vir diepbraai

1 Plaas die eiers in soutwater en bring tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut 9 minute. Laat afkoel en dop af.

2 Meng intussen die maalvleis in ’n bak met die tiemie en ui en geur met sout en peper.

3 Verdeel die maalvleis in vier, rol elkeen in ’n bal en druk op ’n skoon oppervlak plat om skywe te vorm.

4 Plaas die meel op ’n bord. Rol die eier in die meel om te bedek en plaas dit in die middel van elke maalvleisskyf. Vou die eiers heeltemal in die maalvleis toe.

5 Doop elke Skotse eier in die eier en rol dit dan in broodkrummels om te bedek.

5 Verhit olie in ’n diep kastrol. Wanneer warm, braai die eiers 8-10 minute of tot goudkleurig. Haal uit met ’n gaatjielepel en dreineer op handdoekpapier.

- Hope Malau