4 skorsies, gehalveer

BOBOTIE

1 ui, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) olie

500 g beesmaalvleis

30 ml (2 e) kerriepoeier

2 ml (½ t) fyn komyn

60 ml (¼ k) blatjang

sout en peper

VLA

2 eiers

125 ml (½ k) melk

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Bobotie Braai die ui en knoffel in die verhitte olie tot geurig. Voeg die res van die bobotiebestanddele by en roerbraai tot gaar. Geur met die sout en peper. Skep in die skorsies.
  2. Vla Klits die eiers en melk saam en giet oor die bobotie.
  3. Oondbak 35-40 minute tot die skorsies sag is en die vla gestol. Sit voor saam met rys.