Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10-15 minute

Gaarmaaktyd: 1-1½ uur

PATATBOLAAG

1 kg patat, geskil en in stukke gesny

180 ml (¾ k) lemoensap

30 ml (2 e) botter

hand vol koljanderblare, gekap (opsioneel)

seesout en gemaalde swart-

peper

MAALVLEIS

45 ml (3 e) olie

2 uie, gekap

seesout

2 knoffelhuisies, fyn gepers

gemaalde swartpeper

1 kg beesmaalvleis

2 vars brandrissies, gekap

15 ml (1 e) gemaalde koljander

15 ml (1 e) gemaalde komyn

15-30 ml (1-2 e) brandrissiepoeier

5 ml (1 t) gedroogde origanum

60 ml (¼ k) pietersielie, gekap

2 blikke (400 g elk) heel tamaties

30 ml (2 e) tamatiepasta

stukkies botter, vir bak

PATATBOLAAG

  1. Laat prut die patat 20 minute in soutwater of tot baie sag. Dreineer (hou die water), maar sit die patat terug in die warm kastrol. Bedek en laat ’n paar minute staan. Meng die lemoensap
  2. en botter geleidelik by die fyn
  3. patat in. Indien nodig, voeg van die gedreineerde water by. Roer die koljander in (indien gebruik) en geur na smaak met sout en peper.

MAALVLEIS

  1. Verhit die olie in ’n kastrol of pan. Voeg die ui en ’n knippie sout by en soteer liggies tot sag. Roer die knoffel in. Verhoog die hitte en roer die maalvleis by tot dit verkleur. Roer die brandrissies, speserye en kruie en ’n bietjie peper by.
  2. Maak die tamaties fyn en voeg dit saam met van die sap uit die blikke by. Roer die tamatiepasta in. Bedek, verlaag die hitte en laat minstens ’n uur liggies prut tot baie sag en geurig – roer af en toe.
  3. Voorverhit die oond tot 200 °C. Keer die vleis in een groot of 6 klein, gesmeerde oondbakke uit. Bedek met fyn patat, stip met botter en bak sowat ’n halfuur of tot dit ’n mooi kleur het.
  4. Sit voor met brandrissie-konfyt en ’n sterk brandrissiesous en rys.