Ons het ekstra knoffel saam met ’n skeutjie gemmer bygeroer.

Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1½ uur

1 kg lamskenkels, -nek of -rib, in porsies gesaag

meel, gegeur met sout en peper na smaak

25 ml (5 t) olie

2 uie, in stukke gesny

3 knoffelhuisies, gekneus

3 cm-stuk gemmerwortel, fyn gerasper

2 heel naeltjies

6 wonderpeperkorrels

3 kaneelstokkies

100 g droëappelkose

100 g sultanas

100 g droë pruimedante

60 ml (¼ k) tamatiepasta

2-3 wortels, in stukke gesny

2 suurlemoene se sap en skil

3 ml (ruim ½ t) neutmuskaat

250 ml (1 k) ertjies

sout en peper na smaak

baie pietersielie, gekap

koring

  1. Rol die vleisstukke in die gegeurde meel en braai in klein hoeveelhede in verhitte olie in ’n platboompot tot alkant bruin. Skep uit.
  2. Verhit nog olie in die pot en roerbraai die uie, knoffel en gemmerwortel tot geurig en sag. Voeg die heel speserye by. Roerbraai tot geurig, sowat 1 minuut.
  3. Skep die vleis terug in die pot en voeg die droëvrugte en tamatiepasta by.
  4. Verlaag die hitte, voeg ’n bietjie warm water by en laat prut tot die vleis byna sag is, sowat ’n uur.
  5. Voeg die wortels, suurlemoen en neutmuskaat by en laat prut tot die wortels net sag is.
  6. Voeg die ertjies by, geur met sout en peper na smaak en verhit tot warm.
  7. Sprinkel die gekapte pietersielie oor en sit voor met rys of koring.