Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: sowat 2 uur

800 g dik skaaplies, in repe gesny

25 ml olie

1 knoffelhuisie, gekneus

2 uie, fyn gekap

125 g knopiesampioene, in kwarte gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

125 ml (½ k) vleisaftreksel

1 blik (410 g) gekapte tamaties

10 ml (2 t) sagte bruinsuiker

100 ml droë witwyn

200 g broccoli, in klein stukkies gesny

50 ml room

vars origanum vir garnering

Braai die skaaplies in verhitte olie tot goudbruin.

Voeg die knoffel, uie en sampioene by en roerbraai ’n paar minute.

Geur met sout en peper.

Verhit die aftreksel, tamaties, suiker en witwyn in ’n aparte kastrol en giet by die vleis.

Verlaag die hitte, bedek en laat prut sowat 2 uur tot die vleis sag is.

Meng die broccoli en room by en verhit nog ’n paar minute tot die broccoli net sag maar nog bros is.

Sit voor saam met romerige kapokaartappels en garneer met vars origanum.

WENK Vra jou slagter om die lieslappe vir jou op te sny want dis nogal taai. Jy kan ook stukkies skaapribbetjie byvoeg vir ekstra geur. Jy kan ook enige voorkwartsnit gebruik.