Genoeg vir 6 mense.

POTJIE

45 ml (3 e) olie

1 kg hoenderdye

5 ml (1 t) hoenderspesery

10 ml (2 t) sout

4 lourierblare

5 ml (1 t) droë tiemie

4 swartpeperkorrels

125 ml (½ k) witwyn

60 ml (¼ k) blatjang

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

6 groot aartappels, in blokkies gesny

2 groot wortels, in skyfies gesny

250 g heel knopiesampioene

4-6 babamurgpampoentjies, in skyfies gesny

sout en peper (opsioneel)

KLUITJIES

250 ml (1 k) koekmeel

7 ml (1½ t) bakpoeier

2 ml (½ t) sout

60 g STORK BAKE, in blokkies gesny

10 ml (2 t) droë pietersielie

60-80 ml (¼-1/3 k) melk

POTJIE

Verhit die olie in ’n swaarboom-gietysterpot.

Geur die dye met spesery en sout en braai ’n paar op ’n slag tot goud-bruin.

Plaas al die dye in die pot; voeg die kruie, peper, wyn, blatjang en aftreksel by.

Bring tot kookpunt, bedek en laat prut 45 minute.

Voeg die aartappels by, bedek en laat 20 minute prut.

Voeg die wortels by, bedek en laat 15 minute prut.

Voeg die sampioene en murgpampoentjies by, bedek en laat 10 minute prut.

Voeg water by indien nodig. Geur na smaak.

KLUITJIES

Sif die meel, bakpoeier en sout saam.

Vryf die STORK BAKE met die vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.

Voeg die pietersielie by en net genoeg melk om ’n sagte deeg te vorm.

Skep eetlepels vol deeg in die potjie en bedek.

Laat minstens 15 minute prut sonder om die deksel op te lig tot die kluitjies gaar is. (’n Mes moet skoon uit die middel kom.)