Berei ’n smaaklike gesinsmaal met hierdie laevet-schnitzelresep

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 35 min.

600 g aartappels, gewas

200 g bevrore ertjies

80 ml (? k) olyfolie

1 rooi-ui, in dun skywe gesny

80 ml (? k) witwynasyn

5 ml (1 t) heelkorrelmosterd

’n klein hand vol grasuie, gekap

sout en peper

4 x 150 g varksteaks, vet verwyder

250 ml (1 k) volgraan- of bruinbroodkrummels

’n hand vol pietersielie, gekap

4 eiers

125 ml (½ k) melk

Voorverhit die oond tot 180°C.

  1. Sit die aartappels in ’n kastrol, bedek met koue water en bring tot kookpunt. Laat prut 15 min. of tot sag. Voeg die ertjies by en kook nog 3 min. Dreineer en laat afkoel.
  2. Verhit intussen 45 ml (3 e) van die olyfolie in ’n braaipan en braai die ui 8 min. of tot sag oor lae hitte terwyl jy af en toe roer. Voeg die asyn by, bring tot kookpunt en voeg 60 ml (¼ k) water en die mosterd by en roer om te meng. Voeg die grasuie by en geur met die sout en peper.
  3. Sny die aartappels in dik skywe. Meng die aartappels en ertjies in ’n bak met die asynmengsel.
  4. Slaan die varksteaks met ’n vleishamer of rolstok tot 3 mm dik. Meng die broodkrummels en pietersiele in ’n vlak bak. Klits die eiers en melk in ’n ander bak. Doop die steaks in die eiermengsel en bedek met die broodkrummelmengsel.
  5. Verhit die oorblywende olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte. Braai die vark in twee sarsies 1 min. per kant of tot goudkleurig. Dreineer op ’n papierhanddoek. Pak op ’n bakplaat en bak 10 min. of tot heel gaar in die oond.
  6. Sit die schnitzel saam met die ertjie-aartappelslaai voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander