Genoeg vir 4-5 mense (en oorskiet)

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: sowat 1½-2 uur

2,5 kg primarib

sout en vars gemaalde swartpeper

80 ml (¹/³ k) droë Marokkaanse vleisvryfmengsel

60 ml (¼ k) olyfolie

3 middelslag-uie, in kwarte gesny

6 aartappels, geskil en in kwarte gesny

3 knoffelhuisies, geskil

sap en skil van een suurlemoen

Voorverhit die oond tot 160 °C.

  1. Geur die vleisstuk met sout en peper.
  2. Meng die Marokkaanse vleisvryfmengsel met die helfte van die olyfolie. Vryf die mengsel met jou hande goed by die vleis in.
  3. Plaas die vleisstuk in ’n groot, gesmeerde oondbak en oondbraai 40 minute.
  4. Voeg die voorbereide uie, aartappels en knoffelhuisies by.
  5. Geur die vleis met die sap en skil van die suurlemoen en bedruip die vleis en groente met die orige olyfolie. Oondbraai nog 40-50 minute of tot net gaar, maar steeds pienk van binne.
  6. Laat staan 10 minute voor dit gesny word.
  7. Sit die vleis en groente saam met gebraaide kersietamaties voor.