.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

FRIKKADELLE

1 kg beesmaalvleis

2 knoffelhuisies, fyn gekap

1 ui, fyn gekap

10 ml (2 t) fyn koljander

5 ml (1 t) komyn

sout en peper

15 ml (1 e) olie

SOUS

60 ml (¼ k) mayonnaise

7,5 ml (1½ t) tamatiesous

2,5 ml (½ t) mosterd

1 ml (¼ t) gerookte paprika

1 ml (¼ t) knoffelpoeier

1 ml (¼ t) uiepoeier

BURGER

30 ml (2 e) botter

6 burgerrolletjies, gesny

bossie slaaiblare

2 tamaties, gesny

5 agurkies, gesny

30 g kaasskywe

80 ml (? k) soetrissiesous

  1. FRIKKADELLE Meng al die bestanddele vir die burger behalwe die olie in ’n groot mengbak tot goed gemeng en plaas 30 min. in die yskas. Vorm 160 g-vleisballetjies. Sit dit op ’n bord wat met bakpapier bedek is en plaas dit nie langer nie as 15 min. in die yskas.
  2. Verhit ’n pan oor matige hitte, voeg die olie in die pan en bak die frikkadelle (druk hulle plat terwyl hulle bak). Hou eenkant.
  3. SOUS Meng al die bestanddele vir die sous goed.
  4. BURGER Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte. Smelt die botter en plaas die rolletjies, met die gesnyde kant na onder neer, in die pan. Rooster die rolletjies 2 min. per kant of tot goudbruin.
  5. Smeer die sous op die rolletjies en sit die blaarslaai, tamatieskywe en agurkies daarop. Sit die gaar frikkadelle op die rolletjie met die kaasskywe bo-op en bedruip met die soetrissiesous. Bedek met die boonste rolletjie en sit dadelik voor.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers