Die geheim van enige burger – ook dié van Steers – is die egte braaivleissmaak. Braai die maalvleiskoekies oor die kole terwyl jy dit mildelik bedruip met braaivleismarinade.

Lewer 12 klein of 6 groot maalvleiskoekies

Bereiding: 20 minute

Staantyd: 1 uur of verkieslik oornag

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

MAALVLEISKOEKIES

1 kg maalvleis

5 ml (1 t) sout

vars gemaalde swartpeper na smaak

5 ml (1 t) fyn komyn

15 ml (1 e) fyn koljander

15 ml (1 e) worcestersous

1 ui, gerasper

1 eier, geklits

AFRONDING

60 ml (¼ k) braaivleismarinade

6 sagte sesamsaadbroodrolletjies, gehalveer en met botter of margarien gesmeer

6 kaasskywe

30 ml (2 e) elk mayonnaise en tamatiesous, gemeng

8 agurkies, in skywe gesny

2 ryp tamaties, in skywe gesny

60 ml (¼ k) aangemaakte mosterd

blaarslaai

VLEISKOEKIES

Meng al die bestanddele liggies maar deeglik in ’n groot mengbak.

Verdeel in ewe groot porsies en druk effe plat met jou hand.

Pak dit op ’n skinkbord of bord en laat staan minstens ’n uur of verkieslik oornag in die yskas.

AFRONDING

Smeer die koekies met die marinade en bedruip gereeld terwyl jy dit sowat 10-15 minute oor baie warm kole of in ’n baie warm riffelpan braai tot brosserig buite maar nog effens pienk binne.

Plaas ’n koekie op die onderste helfte van die broodrolletjie, gevolg deur die kaas, nog ’n koekie, die sous, die agurkies, die tamatie, ’n skeppie mosterd, blaarslaai en die boonste broodrolletjiehelfte.

Sit voor saam met aartappelskyfies.