Genoeg vir 4 porsies

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30-40 minute

300 g boerewors

30 ml (2 e) olie

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

200 g sampioene, gehalveer

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

15 ml (1 e) koekmeel

500 ml (2 k) aftreksel

00 g skilferkorsdeeg

1 geklitste eier vir verf

Voorverhit die oond tot 180 °c.Verhit ’n groot braaipan en braai die boerewors tot gaar.

Sny die wors in blokkies.

Verhit die olie en braai die soetrissie, sampioene, ui en knoffel ’n paar minute. roer die koekmeel by.

Hou aan roer tot al die groente met meel bedek is.

Gooi die aftreksel en gaar wors by en roer 15 tot 20 minute tot die sous verdik.

Deel die vulsel tussen 2 middelslag-bakke en bedek elkeen met skilferkors.

Verf met ’n geklitste eier en bak 15 tot 20 minute of tot gaar.

Volg Huisgenoot op Twitter.