Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

VARKTJOPS

4 varknektjops

vars gemaalde peper

30 ml (2 e) knoffel-enkruiespeserye

SALIEBOTTER

10 g vars salie

45 ml (3 e) sagte botter

HEUNING-APPELS

15 ml (1 e) botter

3 Granny Smith-appels, ontstronk en in wiggies gesny

30 ml (2 e) heuning

DUKKAH

50 g amandels, grof gekap

30 ml (2 e) sesamsaadjies

15 ml (1 e) growwe sout

60 ml (¼ k) bruinsuiker

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn kaneel

Voorverhit die oond tot 230 °C

  1. Varktjops Geur die vark met die vars gemaalde peper en knoffel-en-kruiespeserye.
  2. Saliebotter Meng die salie en botter goed. Verhit ’n klein bietjie van die saliebotter in ’n groot pan en braai die tjops alkant tot goudbruin.
  3. Pak die tjops op ’n bakplaat, sit nog ’n bietjie saliebotter op elke tjop en braai nog 8-10 min. of tot gaar in die oond.
  4. Heuning-appels Verhit die botter in dieselfde pan en braai die appels effens. Giet die heuning oor en braai tot die appels ’n bietjie gekaramelliseer is.
  5. Dukkah Meng al die bestanddele en sprinkel ’n bietjie daarvan oor die appels.
  6. Sit die tjops saam met die appels, ekstra dukkah en kapokaartappel voor.