Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 35 min.

4 T-beenskywe

blatjang, vir voorsit

SLAAI

10 ml (2 t) olyfolie

250 ml (1 k) bruinrys

30 ml (2 e) tamatiepasta

375 ml (1½ k) water

½ elk groen en rooi soetrissie

400 g-blik soetmieliepitte, gedreineer

400 g-blik nierbone, gedreineer

’n hand vol groenbone, gekap

’n hand vol koljander, grof gekap

VRYFMIDDEL

45 ml (3 e) paprika

30 ml (2 e) swartpeper

15 ml (1 e) knoffelpoeier

5 ml (1 t) rooipeper

15 ml (1 e) bruinsuiker

  1. Slaai Verhit die olie in ’n middelslagkastrol oor hoë hitte. Voeg die rys by en braai 1 min. terwyl jy roer of tot al die rys met olie bedek is.
  2. Voeg die tamatiepasta by en kook 2 min. terwyl jy roer of tot die rys goed bedek is. Voeg die water by en bring tot prutpunt. Bedek en laat prut 20 min. of tot die rys sag is.
  3. Voeg die soetrissies, soetmielies, nier- en groenbone by, bedek en kook 15 min. of tot die groenbone sag is. Roer die koljander in.
  4. Vryfmiddel Meng al die bestanddele in ’n bak en vryf dit oor die biefstukke. Verhit ’n roosterpan oor matige hitte en braai die biefstukke 5 min. of tot gaar. Sit die vleis op ’n bord en laat rus 5 min.
  5. Verdeel die rysslaai en biefstuk tussen die borde. Sit voor saam met blatjang en groenslaai.