GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 15 min.

400 g varkwors, uit die vel verwyder

5 ml (1 t) olyfolie

1 groot ui, fyn gekap

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

5 ml (1 t) gemmer, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gemaak

250 ml (1 k) ertjies

750 ml (3 k) gaar rys

45 ml (3 e) sojasous

60 ml (¼ k) soet

brandrissiesous

sesamsaadjies vir oorsprinkel

  1. Rol die worsvleis in gholfbal-grootteballetjies en braai in die olie tot gaar.
  2. Braai die ui en soetrissie in dieselfde pan tot die ui goudbruin is.
  3. Voeg die gemmer en knoffel by en roerbraai ’n paar sekondes. Voeg die ertjies en rys by en roerbraai nog ’n minuut.
  4. Roer die soja- en brandrissiesous by, sprinkel die saadjies oor en sit dadelik voor.