Lewer 14

Bereidingstyd: 15 minute

Baktyd: 30 minute

1 L (4 k) hoenderaftreksel

30 ml (2 e) olyfolie

1 ui, fyn gekap

3 knoffelhuisies, fyngedruk

500 ml (2 k) Arborio-rys

200 g beesmaalvleis

80 ml (? k) tamatiepuree

500 ml (2 k) broodkrummels

3 eiers, liggies geklits

60 ml (¼ k) olie

1    Voorverhit die oond tot 200 °C.

2    Plaas die aftreksel in ’n groot kastrol en bedek. Bring oor hoë hitte tot kookpunt. Verminder die hitte na laag en hou warm.

3    Verhit die helfte van die olyfolie in ’n middelslag-kastrol oor matige hitte. Voeg die ui en knoffel by. Kook vyf minute of tot die ui sag is terwyl jy roer.

4    Voeg die rys by. Kook 1 minuut terwyl jy roer. Voeg 80 ml (? k) aftreksel by die rysmengsel. Kook 3 minute of tot die rys die aftreksel geabsorbeer het terwyl jy roer. Herhaal met die oorblywende aftreksel – voeg 80 ml (? k) op ’n slag by tot al die vloeistof geabsorbeer en die rys papperig en romerig is.

5    Verhit die oorblywende olyfolie in ’n pan oor matige hitte. Voeg die maalvleis by en kook 5 minute of tot verbruin en deurgaar terwyl jy met ’n houtlepel roer om enige klonte op te breek. Voeg die tamatiepuree by en kook 2-3 minute of tot verdik terwyl jou af en toe roer. Verwyder van die hitte en sit eenkant om af te koel.

6    Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Plaas die broodkrummels in ’n vlak bak en die eiers in ’n ander een.

7    Rol ’n bietjie van die rysmengsel met ’n skoon, nat hand in ’n bal so groot soos ’n gholfbal. Druk jou duim in die bal om ’n gat te maak. Vul dit met 15 ml (1 e) van die maalvleismengsel. Druk die rysmengsel om die maalvleis en vorm weer in ’n bal. Herhaal met die oorblywende rys en maalvleis om 14 balle te maak.

8    Doop die balle in die geklitste eier en dan in die broodkrummels en plaas hulle dan op die voorbereide bakplaat. Bedruip met die olie en bak 30 minute of tot goudbruin en deurwarm. Sit warm of koud voor.

- Hope Malau