Genoeg vir 4 mense 

500 g varksteaks of -tjops

sout en vars gemaalde swartpeper

30 ml olyfolie

30 g botter

100 g preie, grof gekap

120 g vars dadels (vervang met pruimedante)

250 ml room

30 ml sterk aangemaakte mosterd

250 g jong groenbone, gehalveer

Geur die vleis met sout en peper.

Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die vleis tot goudbruin en bros, skep uit.

Braai die preie in dieselfde pan, gebruik die pansappe en braai tot sag.

Skep die vleis terug, gevolg deur die dadels, room en mosterd.

Bring tot kookpunt en laat prut tot die vleis gaar is.

Roer die bone by en laat prut tot net gaar.

Sit voor saam met ’n groenslaai.