Genoeg vir 8 - 10 mense

Bereiding: 20 min

Gaarmaak: 30 40 min

1 groot eier

125 ml (½ k) mielieblom (maizena)

500 g ontbeende varkvleis soos nek, lende of boud, in kleinerige blokkies gesny

Kookolie soos nodig

½ brandrissie, fyn gekap

GLASUURSOUS

125 ml (1/2 k) elk sojasous, asyn en suiker

ROERBRAAI GROENTE

1 ui, grof gekap

1-2 knoffelhuisies, fyngedruk

½ soetrissie, grof opgesny

250 ml (1 k) vars sampioene, grof opgesny

125 ml (½ k) bevroere ertjies,

125 ml (½ k) jong mielietjies

375 ml (1 ½ k) vars kopkool, grof gekap

½ wortel, in repe gesny

250 ml (1 k) boontjiespruite

Witpeper na smaak

500 ml (2 k) gaar rys

Sojasous na smaak

1. Meng die eier met die mielieblom (maizena) tot 'n slapperige beslag. (Voeg net genoeg mielieblom

by tot die beslag die regte dikte het. Dit moet dikker wees as pannekoekbeslag).

2. Voeg die vleisblokkies by en maak seker al die vleis is bedek met beslag.

3. Maak 'n braaipan warm en voeg 'n skeut olie by. Braai die vleis totdat die beslag mooi

bruin is.

4. Roer 'n holte in die middel van die pan en braai die brandrissie daarin. Voeg klein bietjie

olie by indien nodig. Braai vir so 30 sekondes en meng dan die vleis deur.

GLASUURSOUS

1. Meng al die bestanddele saam tot alles mooi opgelos is.

2. Draai die hitte af na medium, voeg die glasuursous by en prut tot die sous die verlangde dikte het, dit sal vinnig reduseer. Giet oor vleis.

3. Vee die warm pan liggies uit met 'n papier-handoek.

4. Voeg 'n skeut olie by, dan die uie, soetrisissies en 'n gedeelte van die wortels. Braai die bestanddele tot deurskynend en voeg die fyn knoffel by.

5. Braai vir 30 sekondes en voeg die sampioene, ertjies en klein mielies by, braai tot so half al dente,

en voeg dan die kool by. Voeg die wit peper by.

6. Voeg die spruite laaste by, want hulle kook gou tot pap. Braai hierdie klomp tot die kool net al dente is.

7. Voeg die gaar rys by om die dis te voltooi. Sodra die rys effe gebraai is, voeg mens 'n skeut sojasous by vir die finale geur en meng goed deur. Sit voor met vleis.

Wenk: Die suiker kan vervang word met esdoringstroop of heuning.

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.